Tuesday, 18 September 2012

Lucky Draw

WEN!

 

Daar gaan verskeie kompitisies wees wat insluit:

 Die vraeslys

Lootjies verkope

Lucky draws

 

Alle deelnemers ontvang 1 outomatiese inskrywing. 

Voltooi die volgende vrae en dien dit in by die toernooi se stalletjie genaamd : " LUCKY DRAW!"

Vrae:
1. Wie is die 2012 nr.1 wêreld- mans-en vrouenskampioene?
2. Wie is die Brit wat die 2012 ope gewen het?
3. Hoeveel GRAND SLAMS-toernooie is daar in 'n jaar?
4. In watter toernooi speel hulle op gras bane? En in watter land?
5. Wat is die pryse wat die kampioene wen?


DIE PRYSE SLUIT IN:


GROOT PRYS

Tennisraket geteken deur Roger Federer


ANDER PRYSE :






Monday, 10 September 2012

Ons borg vir die tennisballe is wilson

Ons wil net dankie sê vir wilson vir die borg van die tennisballe:


Vereistes van kleredrag.

Meisiesdrag:













Seunsdrag:






Agtergrond van tennis

Tennis is 'n spel wat deur 2 spelers (enkels) of 2 spanne met 2 lede elk (dubbels) gespeel word. Spelers gebruik 'n gesnaarde raket om 'n hol rubberbal wat oortrek is met felt oor die net na die opponente te slaan.
Tennis het ontstaan in Europa in die laat 19de eeu. Tennis het eers deur die Engels-sprekende wêreld versprei, veral onder die van hoër klas. Tennis is deesdae 'n Olimpiese sport en word deur alle klasse en alle ouderdomsgroepe reg oor die wêreld gespeel.
Behalwe vir die aanneming van die valbyl pot (tie-breaker) in die 1970s, het meeste reëls merkwaardig dieselfde gebly sedert die 1890's. Saam met die miljoene spelers, volg miljoene mense ook die spel as toeskouers, veral die vier Grand Slam toernooie: Australiese Ope, Roland Garros, Wimbledon , en die VSA Ope.
Tennis word op 'n reghoekige plat oppervlak, gewoonlik gras, klei of beton en/of asfalt gespeel. Die baan is 23.77 m (78 voet) lank en 8.23 m (27 voet) breed vir enkels, en 10.97 m (35.99 voet) breed vir dubbels. Ekstra spasie word om die baan benodig vir spelers om balle in te hardloop. 'n Net strek oor die volle breedte van die baan, parallel met die agterlyn en verdeel die baan in twee gelyke dele. Die net is 1.07 m (3 voet 6 duim) hoog langs die kante en 914 mm (3 voet) in die middel.
Die lyne wat oor die breedte van die baan loop word die agterlyne genoem (verste terug) terwyl die dienlyn oor die middel loop (tussen die net en agterlyn). Die kort merke op die agterlyne word die middelmerke genoem word. Die buitenste lyne oor die lengte van die baan word die dubbels kantlyne genoem. Die lyn dui die speeloppervlak vir dubbels aan. Die binnelyne oor die lengte van die baan word die enkel kantlyne genoem en dui die speeloppervlak vir enkels aan. Die lyn oor die middel aan spelers kant word die dienlyn genoem omdat die dien gelewer moet word in die area tussen die dienlyn en die net aan die ontvanger se kant. Die lyn wat die dienlyn in twee blokke deel word die middellyn genoem. Die blokke word die dienblokke genoem; afhangend van 'n spelers se posisie sal hy poog om die bal in een van die blokke te slaan wanneer gedien word. 'n Bal is uit indien dit nie met die eerste hop binne die regte dienblok val nie. Al die lyne moet 2 duim in wydte wees, terwyl die agterlyn tot 5 duim wyd kan wees.

Die afmetings van 'n tennisbaan:

Toekennings

Tydens die uitspeel wedstryde, gaan die eerste, tweede en derdeplek bepaal word.  Hierdie wenners ontvang tans medaljes.


Elke deelnemmer ontvang dan ook 'n bywoningssertifikaat.




Toekennings: eersteplek

Eerste plek: Trofeë 

Inskryfvorm vir die tennistoernooi

INSKRYFWINGSVORM / ENTRY FORM
BERGWIL LAERSKOOL TENNISTOERNOOI

Vrydag 23 November tot Sondag 25 November
 




CLOSING DATE :                                                      20 September 2012  om 14 : 00
INSKRYWINGSFOOI / ENTRY FEE                      R 80.00 per skool

Naam  van skool  _________________________________________________________
Naam van lede:


Seuns
Dogters












Email address/ Epos address : ______________________________________________
Tel No (landlyn)+ (sel) : _______________________________
*Wedstryde begin Vrydag 23 Novermber om 14:00 * Die volle beheer van die toernooi berus by die komittee. * Alle wedstryde vind plaas volgens die reëls en regulasies van SATA.
Spanne moet bestaan uit 4 meisies en 4 seun, daar mag dan ook ‘n reserwe seun en meisie saam gaan.

Inligting oor tennistoernooi

 BERGWIL LAERSKOOL TENNISTOERNOOI

1.  Toernooi datum :                                               23 -25 November
2.  Sluitingsdatum :                                             20 September 2012 14h00
3.  Bane :                                                           Bergwil klub/ Bergwil Ls bane/ Hs Bergwil bane
4.  Geen inskrywings sal telefonies aanvaar word nie. Alle inskrywingsvorms moet saam
     met bewys van betaling gefaks of ge-epos word.
5.1  Inskrywings :                                                Inskrywingsvorms tesame met die bewys van
 betaling kan gestuur word
 bergwil.tennis@mweb.co.za of
gefaks word
NB! A, B, EN C AFDELINGS na:                          051 4308984
5.2  Slegs inskrywings op amptelike inskrywingsvorm, tesame met bewys van betaling sal
       aanvaar word. Bevestig asseblief met Tennis Vrystaat kantoor of inskrywing ontvang is
       voor sluitingsdatum .
Bank besondehede:
Ls. Tennis Ass
FNB Bergwil
TAK KODE :                                                       230 -534
REKENING NOMMER :                                       51712471352
6.  Navrae :
     Carina Terblanche                                          085 567 7890
     Corné Reid                                                    091 456 7878  


7.   Toernooi Direkteur :                                      Pieter Swart - Sel no:0834062644
      Toernooi Skeidsregter :                                 Loutjie Louw
                                         Carina Terblanche
                                                                             Corné Reid

8.   Wedstryde begin om 14 : 00. Vrydag 23 November  2012
9.   Die hantering van die toernooi berus by die komitee.- Verpligte uitspeel wedstryde vir
      3de, 4de en 5de tot 8ste plekke.
10.  Alle wedstryde vind plaas volgens die reëls en regulasies van SATA.
11.  Alle deelnemers moet lid wees van betrokke skole.
12.  Inksrywingsfooi / R 80.00 per skool.

13.  Spanne moet bestaan uit 4 meisies en 4 seuns, daar mag dan ook ‘n reserwe seun en meisie
       saamgaan.